Edric & Enelia
Dankie dat julle deel is van ons liefdesverhaal.
Ons sien uit daarna om hierdie besondere dag saam met julle te vier en herinneringe te maak wat ons vir altyd sal koester.
Ons vra vriendelik dat julle asseblief elke bladsy van die webwerf deeglik deurlees, aangesien al die belangrike besonderhede, riglyne en inligting rakende ons spesiale dag hier beskikbaar is.
Met liefde,
Edric & Enelia
- 00Days
- 00Hours
- 00Minutes
- 00Seconds
- 00Days
- 00Hours
- 00Minutes
- 00Seconds
Ons Liefdesverhaal
Sommige mense ontmoet mekaar en raak dadelik deel van mekaar se lewens. Ander se stories word oor jare heen geskryf, lank voordat hulle dit self besef.
Jare gelede het Edric vir Enelia die eerste keer gesien. Al het die lewe hulle op verskillende paaie gehou, het iets van haar by hom gebly. Hy kon nie weet dat die meisie wat hy toe raakgesien het, eendag die vrou van sy drome sou word nie.
Toe, ‘n paar maande gelede, het hy op ‘n gewone oggend besluit om ‘n eenvoudige boodskap te stuur. Geen groot openingsreël nie. Geen ingewikkelde woorde nie. Net eerlik en opreg:
“Ek wil jou ken.”
Vir Enelia was dit bloot nog ‘n boodskap. Sy het nie geweet dat haar lewe op die punt was om vir altyd te verander nie.
Maar Edric het iets geweet wat niemand anders nog kon sien nie.
Nog in dieselfde week, ná hul heel eerste kuier, het hy na haar gekyk en gesê:
“Met jou gaan ek trou. Jy is perfek vir my.”
Dit het amper onmoontlik geklink. Hoe kon iemand so seker wees ná so kort tyd?
Maar soms herken ‘n mens jou tuiste wanneer jy dit vind.
Van daardie dag af het hul verhaal ontvou soos iets wat lankal bestem was om te gebeur. Elke gesprek het maklik gevoel. Elke laggie, elke herinnering en elke oomblik saam het net bevestig wat Edric reeds van die begin af geweet het — hulle harte het mekaar gevind.
Waar ander mense toevallighede sien, sien ons God se hand. Want die God wat ons paaie jare tevore laat kruis het, het geweet presies wanneer die tyd reg sou wees. Nie te vroeg nie. Nie te laat nie. Presies op die regte oomblik.
Wat begin het met vier eenvoudige woorde, het gegroei tot ‘n liefde wat ons nie kan beskryf sonder om dankbaar te wees nie.
Vandag staan ons hand aan hand, met harte vol liefde en geloof, gereed om die res van ons lewens saam aan te pak.
Want ons storie gaan nie oor die dag toe Edric die boodskap gestuur het nie.
Dit gaan oor die jare voor dit.
Die wagtyd.
Die voorbereiding.
Die oomblikke wat ons nie verstaan het nie.
Dit gaan oor hoe twee mense wat nog altyd bedoel was vir mekaar, uiteindelik op die regte tyd bymekaar uitgekom het.
Van “Ek wil jou ken” tot “Ek kies jou vir altyd.”
En nou begin ons grootste avontuur nog.
Besonderhede van die dag
Datum
10 April 2027
Seremonie begin om 16:00
Gaste word vriendelik versoek om teen 15:00 by die venue te wees.
Plek
Makarios
Leeudoringstad
Ons vra vriendelik dat julle voor die RSVP-sperdatum antwoord, sodat ons finale getalle betyds aan ons verskaffers en venue kan bevestig.
Indien ons nie teen die sperdatum van julle gehoor het nie, sal ons aanvaar dat julle nie kan bywoon nie.
Dankie vir julle samewerking. Ons sien uit daarna om saam met julle te vier! 🖤
Dress code
Formele Swart Drag
Ons troue is ‘n viering van tydlose elegansie en daarom vra ons vriendelik dat alle gaste ons formele kleredragvereistes streng respekteer.
Hierdie is ‘n streng formele geleentheid, en ons vra dat die voorgeskrewe kleredrag nagekom word om die atmosfeer en styl van die dag te behou.
Dames
Ons versoek dat dames uitsluitlik swart formele drag dra.
Of dit ‘n elegante aandrok, formele tweestuk of stylvolle formele uitrusting is, moet dit volledig swart wees. (As jy enigsins onseker is of enige vrae het, moet asseblief nie huiwer om ons te kontak nie. Ons help graag! 😊)
Here
Ons versoek dat here ’n klassieke tuxedo dra, met ’n wit hemp, swart das of strikdas en swart skoene.
Baadjies en dasse/strikdasse kan ná die foto’s uitgetrek word vir ’n meer gemaklike aand.
(As jy enigsins onseker is of enige vrae het, moet asseblief nie huiwer om ons te kontak nie. Ons help graag! 😊)
Ons waardeer elkeen wat die moeite doen om ons visie vir hierdie besondere dag te help verwesenlik.
Die dress code is verpligtend. Ons waardeer dit indien alle gaste asseblief formele swart drag volgens die riglyne hieronder sal dra.
Die foto’s hieronder dien slegs as ’n riglyn en inspirasie. Jou klere en skoene hoef glad nie presies soos die voorbeelde te lyk nie. Indien jy enigsins onseker is oor die dress code of enige vrae het, kontak ons asseblief gerus — ons help graag! 🖤✨
DAMES
- Enige elegante, formele swart uitrusting of aandrok (Indien jy onseker is, kontak ons asseblief gerus – ons help graag! 🖤)
DOGTERTJIES
- Enige elegante, formele swart uitrusting of aandrok (Indien jy onseker is, kontak ons asseblief gerus – ons help graag! 🖤)
HERE
- Swart langbroek
- Wit hemp
- Swart baadjie
- Swart das
- Swart formele skoene
- (Indien jy onseker is, kontak ons asseblief gerus – ons help graag! 🖤)
SEUNTJIES
- Swart langbroek
- Wit hemp
- Swart formele skoene
- (Indien jy onseker is, kontak ons asseblief gerus – ons help graag! 🖤)
Ons vra asseblief dat die voorgeskrewe dress code gerespekteer word. Ons troue is ’n groot finansiële belegging, en omdat ons troufotos en die geheelbeeld van ons dag vir ons baie belangrik is, wil ons graag hê alles moet elegant en volgens ons gekose styl wees.
Indien jy nie die dress code kan nakom nie, verstaan ons dit heeltemal en vra ons dat jy eerder op jou RSVP aandui dat jy nie sal bywoon nie.
Dankie vir julle begrip en respek vir ons spesiale dag.
Verblyf by die venue is reeds volledig bespreek.
Vir gaste wat nog akkommodasie benodig, is daar verskeie gastehuise en verblyfopsies naby die venue beskikbaar. Julle is welkom om direk met die verblyfplek van julle keuse te bespreek.
‘n Lys van aanbevole akkommodasie naby die venue sal hieronder beskikbaar wees.
Ons sien daarna uit om die naweek saam met julle te geniet!
Akkomodasie naby Makarios
-
De Wilgers (30 persone)
072 688 7728 (3 km) -
Wag-n-Bietjie (12 persone)
084 514 1296 (3 km) -
Grace upon Grace (18 persone)
084 654 4101 (3 km) -
Baviaanskrans Cottage (7 persone)
079 730 2130 (5 km) -
Nagel Akkomodasie (20 persone)
076 702 2845 (8 km) -
SkiInn - Huisnr 1 (14 persone)
072 113 1144 (9 km) -
SkiInn - Huisnr 5 (12 persone)
072 113 1144 (9 km)
Julle teenwoordigheid op ons spesiale dag beteken vir ons baie. Indien julle graag ‘n geskenk wil gee, vra ons vriendelik dat dit eerder in die vorm van ‘n geldelike bydrae sal wees.
Hierdie bydraes sal gebruik word vir ons wittebrood en verbeteringe aan ons huis terwyl ons ons nuwe lewe saam begin.
Baie dankie vir julle liefde, ondersteuning en vrygewigheid
FNB
E Enslin
Cheque Account
Account Number: 62 666 970 829
Reference – Jou naam en van (Ons sal graag wil dankie sê)